{"product_id":"9780798182942","title":"Polsslag","description":"\u003cp\u003eSpeurder-kaptein Alek Strauss van die FSO word saam uitgeroep na 'n raaiselagtige moordtoneel. Die liggaam van 'n vrou is in 'n bouval in Pretoria-Oos gevind. Advokaat Lynn Rawlins is skynbaar verwurg. Teen die muur staan in bloed geskrywe: Sprich nichts Böses.\u003cbr\u003eDoktor Nadiya Patel, forensiese sielkundige, is vas oortuig die moordenaar se modus operandi is 'n waarskuwing dat nog lewens in gevaar is.\u003cbr\u003e'n Paar maande tevore, in Sandton, sukkel juweliersontwerper Marlia Heystek om kop bo water te hou. Haar driejarige dogtertjie is 'n handvol, en so ook haar baas, Rhyno Weidemann. Sy en Rhyno is besig met die afronding van die Waffe-reeks wat wapens in juweliersware vergestalt.\u003cbr\u003eDie vorige aand het die geldmagnaat Leonard Adendorf egter 'n aanbod aan Marlia gemaak wat sy nie van die hand kan wys nie. As sy in die geheim 'n reeks juweliersware vir vriende van Adendorf ontwerp, hoef sy nooit weer haar sente om te draai nie.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e'n Meesleurende spanningsroman deur die skrywer van Roofdier.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Marie+Lotz\" class=\"contributor-link\"\u003eMarie Lotz\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Marie Lotz","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47379649659043,"sku":"9780798182942","price":350.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780798182942_8ac1deec-cd2a-45eb-b272-aefc9b883d06.jpg?v=1776505821","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780798182942","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}