{"product_id":"9780798183857","title":"Diana se dag","description":"\u003cp\u003eToemaar, jou dag sal kom . . . Dis die woorde wat Diana Botha, wynmaker van die spoglandgoed Soeterwijn, help om staande te bly en telkens weer die lewe met nuwe ywer aan te pak. As jongmeisie erf sy  die las van 'n skande vir iets waaraan sy geen skuld het nie. Dit pla haar tot 'n studiebeurs van 'n anonieme skenker in haar finale skooljaar help om haar passie vir wynmaak te laat ontluik. Maar in die Boland leer sy opnuut dat vooroordeel steeds stewig in die mensdom sit.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDuncon Weston, aantreklike erfgenaam van Soeterwijn en aspirantpolitikus, het sy oog op die talentvolle Diana. En dan is daar Lutz Weilandt, die plaaslike chirurg - meelewend maar enigmaties. Albei hierdie manne het 'n kwessie met verbintenis. Een vrees dit om betrokke te raak. Die ander het weer nie 'n benul wat ware verbondenheid tussen 'n man en 'n vrou behels nie.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eHelene de Kock bewys weer hoekom sy as een van Afrikaans se beste verhoudingsromansiers gereken word. Diana se dag is deernisvol en onvoorspelbaar met karakters wat deurgaans inspireer en ontroer.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Helene+de+Kock\" class=\"contributor-link\"\u003eHelene de Kock\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Helene de Kock","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47378657837219,"sku":"9780798183857","price":350.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780798183857_8f874857-77ca-4ea0-bbda-7acd7ffc5b65.jpg?v=1776506098","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780798183857","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}