{"product_id":"9780798184182","title":"Helene de Kock Keur 10","description":"\u003cp\u003ePlek van die bittermaan\u003cbr\u003eKamer van die stormwind\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eIn Plek van die bittermaan is die verhaal van 'n ongetroude enkelma wat stad toe vlug met haar seuntjie in die hoop dat sy daar 'anoniem' sal kan wees. Maar vir die beeldskone Tessa Verwey is dit nie so maklik nie. Dis net nie moontlik om haar van die res van die wêreld af te sny nie, want in die losieshuis waar hulle tuisgaan, word sy voor hartverskeurende keuses gestel. Daar is die dinamiese Simon wat in 'n rolstoel sit, Otto, die aantreklike aspirant-advokaat — en die begrypende wewenaar, Frans. Wie van hulle sal vir haar ên haar seuntjie kans sien? En by wie lê haar hart?\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eln Kamer van die stormwind moet die jong Jessica leer afskeid neem van haar man wat al maande in 'n koma is na 'n rugbybesering. Haar warm menslikheid raak egter die lewe aan van almal om haar en sy besef dat sy, ten spyte van haar hartseer, steeds deel is van die stroom van die lewe. Daar is haar skoonsuster Jeanne, wat haar hart verloor op 'n man wat haar nie wil hê nie, en die ander suster Elza, wat nog moet leer hoe om mens te wees. Dan kom daar iemand soos Ezra op die toneel. En die jong predikant, Andrew. Stadigaan word haar lewe in 'n nuwe rigting gedwing . . .\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Helene+de+Kock\" class=\"contributor-link\"\u003eHelene de Kock\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Helene de Kock","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47382591242403,"sku":"9780798184182","price":290.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780798184182_103f3f04-76d5-4837-bd58-efd03e43337d.jpg?v=1776506216","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780798184182","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}