{"product_id":"9780798184571","title":"Onder water","description":"\u003cp\u003e“Wees braaf, Bekka.”\u003cbr\u003eSoms twyfel sy aan haar eie kapasiteit vir die waarheid. \u003cbr\u003eWanneer sy terugdink aan daai tyd… kan sy nie help om verwyderd te voel nie. Asof sy eerder na 'n fliek kyk as terug op haar eie lewe. Soos 'n buitestander mer haar neus teen die venster van haar eie geheue. \u003cbr\u003eRebekkah Keller was nog 'n tiener toe haar pa oorlede is. Om aan die knaende verdriet te ontsnap begin sy lengte ná lengte vryslag in die skoolwembad te swem. Eindelik word sy gekies as lid van die hoërskool se swemspan.\u003cbr\u003eMeer as twintig jaar later woon Rebekkah steeds in Bloemfontein. Sy is geskei van haar man, Hannes, vir wie sy eintlik baie lief is. Sy werk voltyds as 'n assistent by 'n prokureursfirma, en sy swem nooit meer nie.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eEen oggend stuur Rebekkah se beste vriendin, Lena, vir haar 'n nuusberig wat die mat onder haar voete uitruk. Al die herinneringe aan haar grootwordjare, wat sy so lank onderdruk het, spoel soos 'n fratsgolf oor haar.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Henda+Olivier\" class=\"contributor-link\"\u003eHenda Olivier\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Henda Olivier","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47378238144675,"sku":"9780798184571","price":350.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780798184571_4fb0776f-1e5a-4be0-89e9-de66324f4d3e.jpg?v=1776506347","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780798184571","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}