{"product_id":"9780798184670","title":"Rooisand: Die verhaal van Dirk Aruseb en die Bondelswarts","description":"\u003cp\u003eDirk Aruseb was sewentien jaar oud toe Abraham Morris hom uit die Pella-weeshuis kom haal het om by die Bondelswarts aan te sluit. Hy kon nie wag om saam met die legendariese kaptein Jakob Marengo, opvolger van Hendrik Witbooi en Jonker Afrikaner, die vervloekte Schutztruppe te verower nie. Maar by Schansvlakte diep in Namaland begin die eerste van Dirk se lewenslesse: wees nederig, wees geduldig, wees genadig. Vind jou eland, tem jou janfiskaal.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eMaar vir Dirk bly die oorlog 'n avontuur, solank hy die Duitsers een vir een kan verpletter. Dit maak nie saak wat kommandoleier Nana Kruiper, of haar regterhand, Klara Morris, hom probeer touwys maak nie: dat die vryheidstryd vir die Bondelswarts gaan oor meer as net 'n bloedsgevoelte vir Namaland, die gelofteland wat ten alle koste beskerm moet word.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eRooisand speel af  in Namaland - van Duits-Suidwes-Afrika tot die Kaapkolonie - vanaf 1904 tot 1922, toe duisende Bondelswarts oplaas deur Jan Smuts se vegvliegtuie uitgedelg is. Dit is 'n epiese, panoramiese oorlogsroman wat strek van Tsumeb tot Upington, van Windhuk se interneringskampe tot die droë rivierlope van die skeurvallei van die Visrivier. Oor sand, bossies  en duine heen roep Jeremy Vearey 'n verhaal op wat nog selde hier te plaatse vertel is.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Jeremy+Vearey\" class=\"contributor-link\"\u003eJeremy Vearey\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Jeremy Vearey","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47381657354403,"sku":"9780798184670","price":360.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780798184670_8169e5d1-2878-4b59-aee9-7e8ea77513d1.jpg?v=1776506390","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780798184670","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}