{"product_id":"9780798184724","title":"Onrus op Steynshoop (59)","description":"\u003cp\u003eRAPPORT TOP 100 - NOMMER 59\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eATKV-Woordveertjies 2025: ATKV-Prosaprys\u003cbr\u003eBenna drink sy groentee. Hy eet sy dim sumkluitjie. Hy dink aan sy pa - vlugtig - hy gaan nie vanoggend by hom stilstaan nie. Hy gaan ook nie nou aan Fonny dink nie. Dinge het verander. Mense is weg. Sarel, Fonny, Jonah Voorsanger. Hy werk sedert sy pa se dood nie meer in die garage nie, hy werk nou voltyds in die salon. Hy is nou 'n professionele haarkapper. Oftewel, soos sy ma sê, haarstilis. \u003cbr\u003eDie teenwoordigheid van die Chinese in Steynshoop het die dorp die afgelope paar jaar ingrypend verander.\u003cbr\u003eBenna Potgieter, wonderkind in sy prille jeug, is sedert sy pa se dood 'n haarkapper in sy ma se salon. Sy lewe neem 'n drastiese wending wanneer die skilder Fonny, sy groot verlore liefde, onverwags na die dorp terugkeer. Ook Jonah Voorsanger, met sy af-toon en sy intellectual poster boy-voorkoms, maak weer uit die bloute sy raaiselagtige opwagting.\u003cbr\u003eBenna se kuier by sy vriend Sarel in Ladybrand sorg vir nog 'n onaangename verrassing, en die onverwagse besoek van sy broer, Petie - vol spyt en bitter verwyte - is genoeg om Benna lelik van stryk te bring.\u003cbr\u003eSy vriendskap met Chaoxing Yang bring Benna weer terug tot sy ander groot liefde, comics.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eSnaaks, droewig, wrang en oneerbiedig - 'n opwindende nuwe roman in ware Winterbach-trant.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Ingrid+Winterbach\" class=\"contributor-link\"\u003eIngrid Winterbach\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+RAPPORT100\" class=\"contributor-link\"\u003eRAPPORT100\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Ingrid Winterbach,RAPPORT100","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47381406449827,"sku":"9780798184724","price":365.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780798184724_ed48c73b-a255-403d-a83b-ee751166e4fd.jpg?v=1776506407","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780798184724","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}