{"product_id":"9780798184977","title":"Maklik met Marinda","description":"\u003cp\u003eEk kook wat my hart vir my se!\u003cbr\u003eMaklik, makliker, Marinda!  Tuiskok Marinda Engelbrecht se hande ken van raakvat, vlamvat, kortpaaie vat.  Sy kook uit die hart, sommer met wat ook al in haar koskas is.  In dié reseptekeur pronk al haar toekatyd-resepte, die goue gunstelinge waarmee sy grootgeword het.  Noem maar op, dis daar.\u003cbr\u003eVier die lewe en dek 'n feestafel wat kreun onder die oorvloed:  beesstert, bobotie, pasteie, kerrieafval, Ma se skaapboud, doeksagte lamstjops ( nogal in 'n baksakkie ).  Brode, patees smoorsnoek en nostalgiese slaaie sorg vir die bykosse.  Vir die weeksaand is daar lipaflek-pastas.\u003cbr\u003eDie suikertand bly ook nie agter nie met outydse Cremora-suurlemoentert, droomsjokoladekoek, brandewyntert, klam wortelkoek, pannekoek, poffers en vele verrassings.  En as spesiale ekstra - spogkonfyte, souse, blatjang en ander inmaaksels staan nou ook hul plek vol in Marinda se reseptespens.\u003cbr\u003eGedeelde vreugde is dubbele vreugde.  Marinda deel met liefde 'n stukkie van haar hart met jou.  Lekker kook!\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Marinda+Engelbrecht\" class=\"contributor-link\"\u003eMarinda Engelbrecht\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Marinda Engelbrecht","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47382644687011,"sku":"9780798184977","price":295.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780798184977_b2ce46ac-915f-4703-8be4-8039af2ab736.jpg?v=1776506461","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780798184977","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}