{"product_id":"9780798185127","title":"Roulette","description":"\u003cp\u003eIn September 1998 vertrek die vier Ludick-sibbe en drie maats na Ballito. Net die drieling en hul vriende keer 'n week later terug na hul tuisdorp naby Bloemfontein. Van die sprankelende dertienjarige Lara Ludick se lewe het net haar dagboek oorgebly.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDis byna sewe-en-twintig jaar later en die Ludick-drieling - Lötter, Oscar en Duan - worstel steeds met skuldgevoelens, elk op sy eie manier.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eIn Junie 2025 verdwyn 'n mediese student naby Veldrus, nie ver van waar die Ludicks en hul destydse pelle grootgeword het nie. Enkele dae later word die vermiste student se pa dood in 'n huurmotor naby die Bram Fischer-lughawe gevind. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eKort voor lank begin nog liggame opduik. Aan elke slagoffer se oorskulp is 'n nommer duidelik sigbaar - gemerk soos 'n bees met 'n tatoeëerklamp.\u003cbr\u003eSersant Sollie Mthembu se nuwe ondersoek lei hom terug na die onopgeloste Ludick-dossier. Om die moordenaar te stuit, en tegelyk iemand na aan hom se lewe te red, moet Sollie agter die kap van die byl kom: Is dit wraak? Of word mense stilgemaak?\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eRoulette is die bekroonde skrywer Sidney Gilroy se vyfde roman - 'n onthutsende krimi wat die gevolge van familiegeheime en gevaarlike speletjies onder die vergrootglas plaas.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Sidney+Gilroy\" class=\"contributor-link\"\u003eSidney Gilroy\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Sidney Gilroy","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47382788538531,"sku":"9780798185127","price":320.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780798185127_790d633d-7f71-458c-8d6a-21d0830420a4.jpg?v=1776506512","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780798185127","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}