{"product_id":"9780798185202","title":"Twyfelbos","description":"\u003cp\u003e'Jy moet oppas vir loop,'  sê Jan.\u003cbr\u003e'Hoekom dan?'\u003cbr\u003e'Loop word later jou rigting en jou doel,' sê Jan.\u003cbr\u003e'Later is loop al wat jy ken en jou voet kry nooit iewers houvas nie.'\u003cbr\u003eDis 1829 in die Kaapkolonie. Sophia Truter is getroud met regter Johannes Truter. Dis egter Engelse tye en hy verkies om as sir John aangespreek te word.\u003cbr\u003eNá die dood van haar jongste seun besluit Sophia om weer te gaan boer. Sy begin klein, op 'n lap grond anderkant die Kleinrivier - sonder slawe en voormans, en oudergewoonte sonder sir John.\u003cbr\u003eKort ná haar aankoms daag Mandel op, 'n vryloper wat anderkant die Koup by die Sakrivier gedoop is. By Sterretjie en die vroue wat naby Gansgat tent opgeslaan het, kry Sophia malgasvere en ghwano vir haar groenteakkers. En 'n boervrou van oorkant die Akkedisberg kom ook inloer.\u003cbr\u003e Maar dan word 'n man se liggaam op die bokpad teen die berg gevind. En Jan Tesselaar, die nuwe veldkornet, moet sy perd opsaal en die skuldige opspoor.\u003cbr\u003e Twyfelbos is 'n meesleurende historiese roman wat tydens die vroeë agtienhonderds in die Overberge afspeel. Dit is ook 'n outydse speurverhaal wat die intriges van die gereg sowel as die liefde blootlê.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Fran%C3%A7ois+Loots\" class=\"contributor-link\"\u003eFrançois Loots\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"François Loots","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47382626304163,"sku":"9780798185202","price":350.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780798185202_35d0f5d8-c628-4ebf-92ab-ff331ef05da0.jpg?v=1776506527","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780798185202","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}