{"product_id":"9780798185400","title":"Op pad na 'n klooster in die sneeu","description":"\u003cp\u003e'Vra jy my om wonderwerke aan jou te verduidelik? Dit kan ek nie doen nie. Enigiemand wat voorgee om wonderwerke te verduidelik, verstaan nie wonderwerke nie ..'\u003cbr\u003e'n Jong man, pas afgestudeer, begin sy loopbaan by 'n klein apteek in Bloemfontein. Maar hy is gou ontnugter deur sy lot - is hierdie sinlose bestaan al wat die volgende vyftig jaar vir hom voorlê? Wanneer hy toevallig afkom op die geskrifte van die vyftiende-eeuse mistikus Thomas à Kempis, begin hy droom oor 'n asketiese lewe as monnik, iewers verafgeleë en afgesonder - weg van geldmaak en ambisie.\u003cbr\u003eOp die vooraand van sy reis na 'n klooster in die Franse Alpe, ontdek die jong apteker hy het 'n verlangse oom wat self 'n Katolieke priester geword het, en nou as afgetredene woon in die hartjie van Parys.\u003cbr\u003eSo begin 'n kosbare vriendskap tussen 'n bejarde pater in Frankryk en 'n ietwat verlore siel uit die Vrystaat. Dit is 'n aangrypende roman oor die soeke na identiteit, na vrede en betekenis, maar bowenal oor 'n pelgrimstog na aanvaarding van die self.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Johannes+de+Villiers\" class=\"contributor-link\"\u003eJohannes de Villiers\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Johannes de Villiers","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47382712090787,"sku":"9780798185400","price":350.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780798185400_e08e578b-8cf8-4b44-900b-d36a3eac6b1a.jpg?v=1776506603","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780798185400","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}