{"product_id":"9780798185783","title":"Hotel Bergsig","description":"\u003cp\u003eNá die tweeling se geboorte kry inspekteur Adriaan Kruger en Karien minder slaap en rus as gewoonlik.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eHy word egter nie ’n blaaskans gegun nie, want in die stil dorpie Overberg ontstaan daar onverwags ’n nuwe drama. Een van die buitegeboue van die mooi hotel teen die hange van die berg word deur ’n brand verwoes en die eienaar se vrou, wat in die skuur by haar dragtige hond gewaak het, sterf . . . Wat na ’n roetine-ondersoek gelyk het, lewer skielik meer vrae en teenstrydighede op as wat Adriaan verwag het.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eHoe kon die hond betyds uit die skuur vlug maar nie die vrou nie? Hoekom het die ontvangsdame, Sunette, nie van die oorledene gehou nie en waarom is mevrou Grusser, een van die hotelgaste, so beskermend teenoor die hoteleienaar? Dit is ook nie duidelik wat die verhouding is tussen Sunette se vriend, Douglas, en die twee vreemde meisies saam met wie hy bly nie.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eDan is daar Pol, wat lyk asof sy almal in Overberg ken, maar wat tergend stom is wanneer dit haar pas.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n\u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e \u003ca href=\"\/search?q=Author+Eleanor+Baker\" class=\"contributor-link\"\u003eEleanor Baker\u003c\/a\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e \u003ca href=\"\/search?q=Author+Alex+Muller\" class=\"contributor-link\"\u003eAlex Muller\u003c\/a\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Eleanor Baker,Alex Muller","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":48083651788963,"sku":"9780798185783","price":224.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/9780798185783.jpg?v=1788901006","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780798185783","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}