{"product_id":"9780798185868","title":"Rillers: Omnibus 1: Die speletjie + Die vrou met die pers oog","description":"\u003cp\u003eOntdek waarom François Bloemhof een van die mees geliefde spanningskrywers is met hierdie lekker omnibus wat twee van sy gewildste verhale bevat.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eIn Die speletjie:  Wouter is baie bekommerd. Hy moes nooit die speletjie van meneer Grimbeek se rekenaar afgelaai het nie. Kyk net in watter gemors is hy nou. Dit is 'n moordspeletjie en iemand is reeds onverklaarbaar dood. En noudat dit begin het, kan dit nie gestop word nie  dit soek nuwe bloed. As dit eers jou naam het. Wouter en sy vriend, Koekoes, sal vinnig moet dink aan 'n uitkomkans, anders is dit neusie verby - nie net vir hulle twee nie, maar vir almal wat hulle hierby ingesleep het.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eIn Die vrou met die pers oog:  Chris en Martie is in 'n nuwe skool, maar van die eerste dag af kom hulle agter alles is nie so gewoon soos dit maar in skole is nie. Hulle nuwe maats begin snaaks optree, en dan is daar die outjie sonder hare en die vreemde biblioteekjuffrou. Toe hulle stadig maar seker ingetrek word in dié eienaardighede, besluit Chris en Martie om ondersoek in te stel - en dis nie lank nie, of hulle beland in die kloue van die vrou met die pers oog.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Fran%C3%A7ois+Bloemhof\" class=\"contributor-link\"\u003eFrançois Bloemhof\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"François Bloemhof","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47395092725923,"sku":"9780798185868","price":198.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780798185868_8a5a6a9c-0f4c-4e79-ab0a-dce6804d40cc.jpg?v=1776803570","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780798185868","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}