{"product_id":"9780798185875","title":"Rillers: Omnibus 2: Donkerwoud + Hospitaaltyd","description":"\u003cp\u003eOntdek waarom François Bloemhof een van die mees geliefde spanningskrywers is, met hierdie lekker omnibus wat twee van sy gewildste verhale bevat.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eIn **Hospitaaltyd** word Rudi deur 'n geheimsinnige brief in 'n lokval gelei. Daar is al drie kinders van sy skool deur 'n motor omgery en elke keer het die skuldige weggekom. Maar hoekom tree die kinders so anders op wanneer hulle uit die hospitaal kom? En nou is Rudi dalk die volgende slagoffer.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eIn **Donkerwoud** kom die tweelingbroers Tiaan en Rolf gou agter die woud rondom hul eksentrieke Tante Olga se huis steek 'n donker geheim weg, wanneer grieselrige stemme uit die bome begin roep . . . 'n Geheimsinnige meisie lok Tiaan tydens 'n hewige storm tussen die digte bome in, en wanneer hy spoorloos verdwyn, moet sy familie die spookagtige bos trotseer om hom te vind voordat dit te laat is.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eEn as 'n ekstra bonus is daar 'n skakel na twee splinternuwe, gratis luisterstories!\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Fran%C3%A7ois+Bloemhof\" class=\"contributor-link\"\u003eFrançois Bloemhof\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"François Bloemhof","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47830981640355,"sku":"9780798185875","price":198.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/9780798185875_38f0cb9a-0feb-4db7-ad64-3801c79fd962.jpg?v=1782996977","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780798185875","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}