{"product_id":"9780798186025","title":"Kanniedood","description":"\u003cp\u003eSpeuradjudant Storm van der Merwe en haar kollega Shirien Niemandt is vroegoggend eerste op die toneel, in 'n eenslaapkamerhuis in Zwelihle digby Hermanus. Op die oog af lyk die bejaarde Gerty Jonas se afsterwe na natuurlike oorsake, maar hoekom het Kai nie by sy ma se lyk gewag nie? En hoekom het hy soos mis voor die son verdwyn?\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie lysie raaisels raak al hoe langer. Shirien ignoreer skielik haar oproepe, en kolonel Mier Ritchie kom met die storie vorendag dat Storm oneties opgetree het. Sy word summier tydelik ontslaan.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eStorm besluit op 'n kort blaaskans op Jane English se wildsplaas buitekant Barrydale. Maar Jane vertel haar dat 'n sindikaat net die vorige week skaars vetplantjies gestroop het en smeek Storm om te help om die internasionale smokkelnetwerk oop te vlek.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eToe sy instem, verskyn die einste Kai Jonas weer op die toneel.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e'n Blitslekker krimi deur die topverkoperskrywer Irna van Zyl, wat afspeel in Hermanus en die Klein-Karoo.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Irna+van+Zyl\" class=\"contributor-link\"\u003eIrna van Zyl\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Irna van Zyl","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47395118514339,"sku":"9780798186025","price":315.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780798186025_127dfb82-947c-4d1a-9d96-79397b8a8eb1.jpg?v=1776803584","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780798186025","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}