{"product_id":"9780798186162","title":"Vreemde vos","description":"\u003cp\u003eDie dertienjarige Timotheus Nieuwoudt se lewe verander onherroeplik wanneer hy sy hand in 'n motorongeluk verloor. Terwyl hy probeer aanpas by sy nuwe realiteit in 'n wêreld waarin hy reeds as buitestander leef, kondig sy ouers aan dat hulle gaan skei, en Tim voel meer geïsoleerd as ooit.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDan gebeur iets onverwags: Telkens wanneer Tim bang of alleen voel, verskyn daar 'n onwaarskynlike besoeker - 'n Europese rooivos.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDié vreemde vos help Tim om 'n veilige tussen-in plek te vind waar hy sy nuwe werklikheid kan konfronteer en leer hoe om sy komplekse emosies te navigeer.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eVreemde vos herinner ons dat elkeen, ongeag sy ouderdom, oor die nodige innerlike krag en wysheid beskik om die moeilikste van tye te oorkom en genesing te vind, ongeag wie, wat of waar jy is.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie aflegging van onskuld is deel van menswees, en kan soos 'n sikloon alles voor die voet platvee.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e'n Tydlose verhaal wat geeneen ongeraak sal laat nie.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e“Vreemde vos is 'n storie wat mode en gier oorstyg.” - Rachelle Greeff\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Carel+van+Rooyen\" class=\"contributor-link\"\u003eCarel van Rooyen\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Carel van Rooyen","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47577196134563,"sku":"9780798186162","price":261.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780798186162_a7736626-e9db-4c39-ada8-4b884cf456e1.jpg?v=1776803599","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780798186162","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}