{"product_id":"9780798186186","title":"`n Knippie moord","description":"\u003cp\u003eKlara Beyers, voormalige joernalis, bestuur deesdae 'n gastehuis en blommeplaas op Somersee naby Hermanus.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eSy is heldersiende en kan onheil in haar nek voel kriewel wanneer dit op haar drempel staan. Soos die oggend toe Dewald Rademeyer sonder 'n bespreking by die gastehuis sy opwagting maak. 'n Dag later daag 'n misterieuse Siamese kat met 'n oënskynlik verskerpte sesde sintuig ook by die gastehuis op en enkele minute later word Dewald se lyk met 'n naaldwerkskêr in sy nek gevind.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eKolonel Mack Biesenbach van Kaapstad en kaptein Schalk Mocke is eerste op die misdaadtoneel waar hulle 'n geskokte Klara met bloed op haar hande kry. Schalk is simpatiek, maar Mack, met wie Klara se pad al voorheen gekruis het, glo nie haar weergawe nie.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eOm haar onskuld te bewys, begin Klara self na leidrade soek. En dít dryf Biesenbach nog verder teen die mure uit.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e'n Knippie moord is humoristies, propvol kinkels, kleurryke karakters en 'n kat genaamd Judi Dench. En natuurlik ook 'n tikkie romanse!\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Elsa+Winckler\" class=\"contributor-link\"\u003eElsa Winckler\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Elsa Winckler","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47584922665123,"sku":"9780798186186","price":261.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780798186186_3b0bd895-d590-4961-98f5-ab7c324c76e0.jpg?v=1776803603","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780798186186","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}