{"product_id":"9780799349726","title":"Mal oor mosaïek","description":"\u003cp\u003eMal oor mosaïek is 'n samestelling van unieke projekte van Suid-Afrika se gewildste mosaïekkunstenaars en sluit onder andere projekte van Glacermo, Seedpod Studio, Mosaic Works, Mosaic Arts, Dish, D'lish, Icreate, Polkadot asook kunstenaars soos Ira Bekker en Karin Wainwright in.\u003cbr\u003eDie idee agter die boek is om 'n spektrum uiteenlopende vars idees, inspirasies en tegnieke aan die handwerk-entoesias te bied wat nie net 'n visuele uitnodiging is nie, maar ook 'n verskeidenheid van werkswyses bekendstel. Die projekte wissel van baie eenvoudig tot meer ingewikkeld en daar is beslis iets vir elkeen.\u003cbr\u003eMal oor mosaïek fokus op vinnige, klein projekte waarvan sommige binne 'n paar uur voltooi kan word. Die projekte het duidelike stap-vir-stap aanwysings en foto's en sluit onder meer 'n teepot, notabord, melkkan, drie-dimensionele toneel, spieëlhart, smalti-kat en selfs hoëhak-skoene in. Beslis die ongewone of die gewone met 'n kinkel!\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Karen+Adendorff\" class=\"contributor-link\"\u003eKaren Adendorff\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Karen Adendorff","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375559852195,"sku":"9780799349726","price":225.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799349726_afa5415e-9224-4247-8509-8c95dc057444.jpg?v=1776507762","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799349726","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}