{"product_id":"9780799354911","title":"Wiskunde gee my maagpyn","description":"\u003cp\u003eMia haat wiskunde. Sy hou nie van optelsomme nie en sy hou nie van aftreksomme nie. Vermenigvuldigsomme gee haar hoofpyn en sy verstaan nie deelsomme nie.\u003cbr\u003eHaar aaklige wiskunde-onderwyser, meneer Vermaak, sê nie eers 'Môre, klas' soos die ander onderwysers nie. Hy sê net: 'Vandag maak ek MAALVLEIS van die een wie se wiskunde nie gedoen is nie!'\u003cbr\u003eMaar wat meneer Vermaak nie weet nie, is dat Mia besig is om 'n boek oor hipnose te lees... En dat sy selfs onbeskofte wiskunde-onderwysers allerhande toertjies kan laat doen!\u003cbr\u003eDie skrywer Jaco Jacobs woon in Bloemfontein. Meer as 50 kinder- en jeugboeke het reeds uit sy pen verskyn. Hy is elf keer met die ATKV-kinderboektoekenning bekroon.\u003cbr\u003eVerdere toekennings sluit in die Alba Bouwer-prys en die CP Hoogenhout-medalje vir sy bundel rympies Wurms met tamatiesous asook die Elsabe Steenbergprys en die SATI-prys vir sy vertaling van Willemien en die geel kat.\u003cbr\u003eDie Illustreerder Magriet Brink het grootgeword in Stellenbosch waar sy ná skool Grafiese Ontwerp studeer het. Tans woon sy in Londen en werk as 'n vryskut-illustreerder. Kinderboeke wat sy al illustreer het, sluit in Wiskunde gee my maagpyn, Bertie Blikbrein en Suzie se superdoepersjampoe\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Jaco+Jacobs\" class=\"contributor-link\"\u003eJaco Jacobs\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eIllustrator\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Illustrator+Magriet+Brink\" class=\"contributor-link\"\u003eMagriet Brink\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Jaco Jacobs","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375807742115,"sku":"9780799354911","price":190.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799354911_1f7baa92-4e64-4780-9587-fb5bb84c41fc.jpg?v=1776508215","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799354911","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}