{"product_id":"9780799356472","title":"Vallei van melk en heuning","description":"\u003cp\u003eDie titel van die boek, Vallei van melk en heuning, sê dit alles: die oorvloed van eenvoudige dinge. Riana maak kos uit die oorvloed van wat haar tuin en die vrugbare vallei haar bied. Sy sê: 'Ek het grootgeword met die idee dat niks verlore mag gaan nie en niks word gemors nie; daarom is dit 'n kookboek met resepte (en stories) van hierdie plaas.'\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie Wamakersvallei is 'n streek van uiterstes: van sidderende somerhitte tot snerpende sneeuwinters. Dit is boomryk en waterryk en geil. Die vreugde en die ellende, alles gebeur in oormaat, onder die wakende oog van die Sewe Susters van die Hawekwa-berge. Hierdie boek is die resultaat: van die oorvloed uit haar tuin.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eVallei van melk en heuning word opgedeel in seisoene en die produk wat op daardie tydstip op die plaas en uit die omgewing beskikbaar is. Dit sluit 'n wye spektrum van resepte in: van geurige elke-dag-kos, tot uithaler gebak om enige gas mee te beïndruk. Maar altyd toeganklik, eerlik en onpretensieus. Tussendeur die resepte vertel Riana stories, en maak dié meer as net 'n resepteboek, inderwaarheid 'n inspirerende lekkerlees boek wat jy nie net in die kombuis gaan lees nie.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eHierdie is Riana Scheepers se eerste kookboek.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Riana+Scheepers\" class=\"contributor-link\"\u003eRiana Scheepers\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Riana Scheepers","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375733129379,"sku":"9780799356472","price":505.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799356472_2344686d-8f4a-4d48-b8f3-26e41fddfe6a.jpg?v=1776508376","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799356472","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}