{"product_id":"9780799358223","title":"ELLE 4 : Rocksusters","description":"\u003cp\u003eMaak gereed vir nog 'n Elle-avontuur propvol raaisels, romanse en rock!\u003cbr\u003eElle kan nie wag vir die Musikanto-fees wat Oktober in Parys plaasvind nie. Selfs al is dit die Parys aan die Vaalrivier en nie die een aan die Seine nie.\u003cbr\u003eDie regte Parys sal moet uithaal en wys, want Elle het ontdek:\u003cbr\u003e1. Die Musikanto is ’n splinternuwe, landswye skolefees.\u003cbr\u003e2. Buiten die klassieke musiek, is daar ’n toneelfees en ’n rockfest.\u003cbr\u003e3. Dis nie sommer nóg ’n kunstefees nie, dis ’n happening – iets soos Woodstock of Oppikoppi.\u003cbr\u003eMaar eers moet die orkes geld insamel om in ’n ordentlike hotel te gaan bly, eerder as op ’n aaklige kampeerterrein met grillerige badkamers. Selfs al beteken dit Elle en haar vriendinne moet leer koekies bak en dit by die seunskool probeer smous.\u003cbr\u003eEn dan is daar die nuwe meisie, Leya. Sy dra net swart en jaag Elle se kamermaat, Refi, behoorlik die skrik op die lyf. Wat is haar storie? Waarom sluip sy snags in die donker rond? En hoekom voel dit vir Elle of sy iets van haarself in die vreemde, teruggetrokke meisie herken?\u003cbr\u003eAsof dinge nie dol genoeg is nie, besluit Divan en sy pelle om ’n rockgroep te begin, en hulle vra Elle om by hulle aan te sluit. Die enigste probleem is dat die ouens vrot klink. Ultrasuper-vrot. Vrot genoeg om koshuiskatte te ontstel. Sal Elle met haar klassieke opleiding kan help om ’n flou garage-poging te omskep in ’n rockgroep met genoeg houding om ’n kompetisie te wen?\u003cbr\u003eEn dan is daar natuurlik Alex, wat nog steeds Elle se hart kondensmelk laat pomp. Hy is deesdae bleek van al die swot vir die matriekeksamen. En Elle is skoon bleek van verlang na hom. Wat gaan gebeur as hy volgende jaar uit die skool is?\u003cbr\u003eRocksusters is die vierde boek in Christien Neser se gewilde reeks met Elle as hoofkarakter.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Christien+Neser\" class=\"contributor-link\"\u003eChristien Neser\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Christien Neser","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375716548771,"sku":"9780799358223","price":180.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799358223_8d4673be-793d-4c3e-aa02-675d2d789d91.jpg?v=1776508494","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799358223","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}