{"product_id":"9780799358599","title":"Geheime Koninkryk 6 Skitterstrand","description":"\u003cp\u003eDis Midsomernag, die betowerendste tyd van die jaar! Al die feetjies is by Skitterstrand om te kyk hoe die koninkryk se towerkrag vir nog 'n jaar herlaai word. Maar die nare koningin Gorina is ook in die omtrek ... Kan Janie, Bianka en Tamsin die sprankelstof red - voordat dit te laat is?\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eOor die reeks\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eWelkom in 'n wonderwêreld vol vriendskap en pret! Jong lesers sal dol wees oor hierdie reeks waarin drie beste maats telkens weggevoer word na 'n geheime wêreld waar hulle feetjies, meerminne en ander wonderlike wesens ontmoet. Die heerser van die Geheime Koninkryk, koning Kieliebaard, het Janie, Bianca en Tamsin se hulp nodig nadat sy nare suster, koningin Gorina, ses weerligstrale in die koninkryk weggesteek het. Die weerligstrale besit spesiale towerkrag waarmee die bose koningin die koninkryk wil vernietig. In elkeen van die boeke in die reeks moet die meisies planne maak om nog een van die weerligstrale skadeloos te stel.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie reeks\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e1. Die skitterende paleis\u003cbr\u003e2. Eenhoringvallei\u003cbr\u003e3. Wolkeiland\u003cbr\u003e4. Meerminrif\u003cbr\u003e5. Towerberg\u003cbr\u003e6. Skitterstrand\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Rosie+Banks\" class=\"contributor-link\"\u003eRosie Banks\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Rosie Banks","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375552938147,"sku":"9780799358599","price":135.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799358599_0dda6407-30bc-46e8-8bbd-7aeea2a0e9db.jpg?v=1776508564","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799358599","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}