{"product_id":"9780799359275","title":"Snydokter","description":"\u003cp\u003eSnydokter was deel van LAPA se reklameveldtog genaamd Die hoofkaraktersoektog in 2012. Die publiek is uitgenooi om raaisels te ontrafel na aanleiding van leidrade wat via sosiale netwerke en ander media bekend gemaak is. Die doel was om 'n hoofkarakter uit die werklike lewe vir die roman te kies. Maar die uiteinde was dat Leon drie wenners uit meer as 850 inskrywings gekies het - waarvan een die\u003cbr\u003ehoofkarakter en twee newekarakters is. Die projek het vroeër in 2012 twee Pendorings gewen.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eSnydokter handel oor die geheimsinnige plastiese sjirurg dokter Renzo Hattingh wat sy praktyk verlaat en al sy vriende vaarwel toeroep nadat 'n ontrimpelingsoperasie skeefloop. Die drie wenners, Monique Bisschoff, George Kellerman en Rozanne Kotzee, span nou elke stukkie vernuf in om die dokter op te spoor. In die proses smee hulle vriendskapsbande en takel hulle hierdie raaisel met 'n aansteeklike sin vir humor.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDit blyk dat daar meer agter Renzo Hattingh se verdwyning sit as om bloot te vlug na slegte publisiteit en die leser kom agter hoe magtig sosiale netwerke is. Die soektog neem die drie wenners deur Johannesburg se vermaaklikheidsbedryf, rykmansbuurte en eindig op die platteland waar die soektog 'n dramatiese en verrassende klimaks bereik.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Leon+van+Nierop\" class=\"contributor-link\"\u003eLeon van Nierop\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Leon van Nierop","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375660777635,"sku":"9780799359275","price":275.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799359275_4b0abc5b-a67b-435e-8656-87bf30887435.jpg?v=1776508664","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799359275","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}