{"product_id":"9780799359374","title":"Die ander vrou","description":"\u003cp\u003eVroue vrees haar, mans begeer haar - die 'ander' vrou. Die skelmpie wat mans van hul vroue en kinders steel en huise opbreek. Linda weet wat van haar gesê word, dat sy 'n blonde feeks van 'n vrou is, 'n tert in die bed.  Sy weet sy sou gestenig word as dit nog wettig was. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eMaar sy het Fanus lief, of altans sy dink so. Sy het op hom verlief geraak die dag toe hy haar dogtertjie op sy skouers getel het. Nou is Fanus hare, hare en Poppie s'n. Dis wat sy graag wil glo. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eMaar sy skouers hang. Want hy verlang na sy eksvrou, Janeke, van Eendagmooi. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDis nie maklik om jou man met sy vorige gesin te deel nie. Hierdie moderne-familie-konsep-ding raak soms net té bisar vir haar. Dis soveel eenvoudiger om jou man se eks met 'n passie te haat en klaar. Egskeidings behoort met die gebreek van borde en koppies en 'n behoorlik geskel op mekaar gepaard te gaan. Beskaafde egskeidings raak net te ingewikkeld. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eSy't dalk nog 'n gelyke kans gestaan as Fanus se eks 'n vrou van vlees en bloed was. Maar nou is Janeke 'n frieken engel, eintlik te goed om waar te wees. Geen wonder daar is gate in Linda se huweliksbootjie en die ding foeter rotse se kant toe nie. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDis toe dat Makarios ingryp. Wie beter om haar huwelik te red as 'n goed gekwalifiseerde sielkundige seksuoloog? Maar soms wil dit vir haar lyk asof die duiwel self in kahoots is met hierdie mooi man met sy besondere naam wat daarin slaag om haar sinne te begogel.  \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eLinda dra swaar aan die skuld - oor Maria en wat op Diepwaterbaai gebeur het, en oor Fanus en die baie lewens wat sy eiehandig verwoes het.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eSelfs die doodsengel is die dinges in vir haar en kom klop ongenooid aan haar deur.  \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eOm die ander vrou te wees is sowaar nie vir sissies nie.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Kristel+Loots\" class=\"contributor-link\"\u003eKristel Loots\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Kristel Loots","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375737618595,"sku":"9780799359374","price":315.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799359374_a8a80d89-74fe-4db8-a894-8027ea081341.jpg?v=1776508673","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799359374","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}