{"product_id":"9780799360103","title":"Veronica - die kleur van liefde","description":"\u003cp\u003eDie kleur van liefde is 'n verhaal van onreg. Twee mense raak verlief op mekaar, maar dis 'n verbode liefde want die regering van die dag duld nie liefde oor die kleurgrens nie. Dis die sestigerjare, en Suid-Afrika is vasgevang in die knelgreep van Apartheid. Selinah Phaswane raak swanger en beide sy en Paul Mills weet dat dit onmoontlik sal wees om die babatjie te behou. Op Paul se aandrang, vlug Selinah met die pasgebore baba na Lydenburg waar daar 'n groot Bruin gemeenskap is. Sy laat haar baba in die sorg van die Nagels oor, min wetend dat haar kind daar nooit enige liefde of koestering sal ervaar nie.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDis moeilike grootwordjare vir Veronica. Sy werk soos 'n slaaf op die plaas van die Nagels, is altyd honger en ervaar nooit enige warmte of liefde wat deel moet wees van 'n ouerhuis nie. Haar dissipline het daaruit bestaan om aan 'n stoel vasgemaak te word en tekemale met 'n sweep geslaan te word.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eSy maak kennis met God in die Rooms Katolieke Kerk op Lydenburg en onder die beskerming van Vader van der Legner word sy die geleentheid gegun om ook 'n hoërskool opvoeding te ontvang. Op Middelburg in die koshuis leer sy vir die eerste keer die donker geheim van haar eie verlede ken. Gaan sy werklik haar ma vind?\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eVeronica se verhaal vertel nie net van die swaarkrydae nie, daar is ook avontuur en lewensvreugde ten spyte van die swaar. Dis 'n getuienis van 'n vrou wat ver bo haar swaarkry en die onreg uitgestyg het. En tog haal die onreg haar weer 'n keer in. Sal sy die keer staande kan bly?\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Alita+Steenkamp\" class=\"contributor-link\"\u003eAlita Steenkamp\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Alita Steenkamp","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375685714083,"sku":"9780799360103","price":210.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799360103_02d369c6-35f0-40a7-9b9a-48557f9644a7.jpg?v=1776508761","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799360103","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}