{"product_id":"9780799360141","title":"Ek het gemartel: Drie polisiemanne en hul sielkundige","description":"\u003cp\u003eDaar het ek gesien, 'n tjoeb werk nie so goed soos 'n Pick n Pay-sak nie. 'n Tjoeb werk goed, maar daai plastieksak is nog beter, want hy luister heeltyd terwyl jy met hom praat en hy praat al hoe minder, waar met 'n tjoeb is dit: Onmiddelik is sy suurstof is afgesny. Met 'n plastieksak kry hy nog ... hy kan asemhaal, hy kan asemhaal tot op 'n punt, dan kan hy nie. Dit is stadiger, maar dit werk beter. Ons het begin om te spesialiseer. Met 'n tjoeb het ek geweet, as hy homself natmaak, dan moet jy ophou, want dan is hy tot op sy ...\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eSkokkende verklarings wat mens in afgryse laat terugdeins. Watter soort mens sê en doen sulke dinge? Hoe sou hy lyk? Wat is sy agtergrond? Is hy ernstig mishandel as kind? Het iets wat hy ervaar het veroorsaak dat hy hierdie dinge gedoen het?\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eHierdie boek, gebaseer op die outeur se doktorale tesis, is ongewoon en nog nooit voorheen gedokumenteer. Drie polisiemanne vertel met afgryse wat hulle gedurende die apartheidsjare gedoen het. Hulle probeer nie om hul skuld aan die gebeure te ontken nie en het ook 'n reuse-risiko geloop deur hul stories te vertel. Hulle verduidelik hoe hulle betrokke geraak het, wat hulle gedoen het, die effek wat dit op hulle gehad het, en watter aanpassings hulle moes maak nadat hulle opgehou het om mense te martel. Die boek bied ook agtergrondinligting oor posttraumatiese versteurings waaraan hierdie mans ly asook die politieke omgewing waarin die polisie van die apartheidsera gewerk het.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie boek is in Engels beskikbaar as:\u003cbr\u003eUnmaking of a Torturer: Three policemen and their psychologist\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Elain+Bing\" class=\"contributor-link\"\u003eElain Bing\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Elain Bing","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375552839843,"sku":"9780799360141","price":220.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799360141_e2615fe4-88c7-45ac-8e9a-b2646f725dd2.jpg?v=1776508770","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799360141","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}