{"product_id":"9780799360318","title":"Spoorvat: Skrywers en herinneringe","description":"\u003cp\u003eAs skrywers het hulle reeds naam gemaak; hulle het literêre pryse gewen, die harte van lesers verower, diep spore getrap in die Afrikaanse kultuurwêreld ... Ons ken hulle as openbare figure, as skeppers van verhale en romans en rubrieke, maar wat is die intiemste, mooiste en selfs pynlikste jeug herinneringe van ons  bekendste Afrikaanse skrywers? Was hulle as kinders reeds sensitiewe waarnemers, kunstenaars in wording? Hoe het hulle hul jeug beleef? En hoe word hierdie jeug herinneringe verwerk in hul tekste as gesofistikeerde skrywers?\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eRiana Scheepers en Leti Kleyn (samestellers van die trefferboek Die Afrikaanse Skryfgids) het skrywers gevra om hul kinder- of jeug ervarings te woord te stel. Daar was geen beperkings of voorskrifte nie, maar slegs gepubliseerde skrywers is om bydraes gevra. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie resultaat is 'n unieke bloemlesing van 36 skrywers met die evokatiewe titel Spoorvat. Saam met ons skrywers vat ons die spoor terug na die verlede; 'n verlede wat net so kleurvol, vrolik, hartseer, innig en uiteenlopend is soos die mense van hierdie land. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eSpoorvat is 'n belangrike bloemlesing, nie net omdat dit voortreflike tekste bevat van skrywers wat reeds hul kleim afgesteek het nie, maar omdat dit terselfdertyd ook unieke outobiografiese sketse is. Die leser kry 'n intieme en eerlike blik op die leefwêreld van 'n jong kind wat later in sy\/haar lewe groot hoogtes bereik het.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eSpoorvat is gekies as deel van die 2013 ATKV-gratisboekprojek en sal wye blootstelling ao deur die Taalgenoot ontvang.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Riana+Scheepers\" class=\"contributor-link\"\u003eRiana Scheepers\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Leti+Kleyn\" class=\"contributor-link\"\u003eLeti Kleyn\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Riana Scheepers,Leti Kleyn","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375757672611,"sku":"9780799360318","price":265.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799360318_dda05d16-353b-4368-9aa3-84c1969ad4cb.jpg?v=1776508828","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799360318","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}