{"product_id":"9780799361452","title":"Nuwe lente - Malansusters 2","description":"\u003cp\u003e'n Nuwe lente  is 'n heruitgawe van Sophia Kapp se tweede liefdesroman wat in 2008 verskyn het en is die tweede boek in Die Malansusterstrilogie. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDis JC Malan, Adri van Die erflating, se bloedsuster, se storie. Sy is lief en saggeaard en praktiseer as fisioterapeut. Sy was vasgevang in 'n onbevredigende, giftige verhouding wat haar verwar en ongelukkig gemaak het en dit spat uiteindelik uitmekaar wanneer sy uitvind dat sy verneuk word. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eOm daaroor te kom gaan rus sy vir twee maande in haar idilliese strandhuis op Uitsig, Adriaan Malan se erflating aan haar. Daar word sy gedwing om dié kosbare tyd met Josua du Toit te deel, want hy weier om die huis te ontruim. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eAanvanklik is daar min aan hom wat haar aanstaan - hy is 'n slons, ongeskik en afsydig - maar namate hulle lewe meer en meer ineenvloei, besef sy dat daar 'n fyn siel agter die barsheid wegkruip. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eHy is 'n man van skadu en stilte, van geheime wat hy nie gedeel kry nie. Dit kos 'n tragedie voordat hulle hul bagasie van die verlede kan aflê en uiteindelik kan JC die verraad, vernedering en seer oorkom en leer sy om weer te vertrou.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Sophia+Kapp\" class=\"contributor-link\"\u003eSophia Kapp\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Sophia Kapp","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375784411299,"sku":"9780799361452","price":315.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799361452_56f3f248-845c-40dd-a620-247fa1214afd.jpg?v=1776508875","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799361452","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}