{"product_id":"9780799361469","title":"Waar die hart is - Malansusters 3","description":"\u003cp\u003eWaar die hart is,  is 'n heruitgawe van Sophia Kapp se derde liefdesroman wat in 2008 verskyn het en is die derde boek in Die Malansusterstrilogie.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDis Idalette se storie, JC en Adri Malan se rooikop stiefsuster met die vurige en impulsiewe temperament. In haar eie oë is sy die 'aangelapte' Malan wat nooit in haar bekwame, suksesvolle susters se voetspore kon volg nie.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eHaar loopbaan as model is op 'n einde, haar huwelik was 'n mislukking, haar geldsake is 'n gemors, en boonop beskuldig Charl Nienaber, die trustee van haar erflating, haar dat sy 'n slegte ma vir haar seun is.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eHaar stiefpa het die herehuis waarin sy en haar stiefsusters grootgeword het aan haar bemaak. Dis die enigste anker in dié moeilike tyd - al lyk dit asof sy dít ook gaan verloor.    \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eMaar sy is Idalette Malan en sy weet nie hoe om te gaan lê nie. Tree vir tree herbou sy haar lewe, skep sy sin uit haar omstandighede, en verwerf uiteindelik die selfrespek wat sy nooit in haar kinderjare opgebou kon kry nie. Wat sy egter die graagste wil hê, is Charl se liefde en respek. En hy is so swygsaam soos 'n sfinks.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Sophia+Kapp\" class=\"contributor-link\"\u003eSophia Kapp\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Sophia Kapp","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375544025251,"sku":"9780799361469","price":315.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799361469_b4048f18-581c-461f-a844-923ccb35b30c.jpg?v=1776508880","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799361469","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}