{"product_id":"9780799362138","title":"Glam Divas Lienka","description":"\u003cp\u003eDaar is iets aan die gang in ons huis en ek wens ek het geweet wat dit is. My pa en ma sluip nou al die hele vakansie hier rond soos twee stout kinders wat iets vreeslik aangevang het. Elke keer as hulle so skuldig na my kant toe kyk, voel ek hoe die spanning opbou.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eLienka, Didi en Talia is al van kleuterskooldae af beste vriendinne. Saam is hulle die Glam-divas, 'n funky agentskap wat partytjies reël, fantastiese klere ontwerp en modewenke gee.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDaarom gryp hulle die kans aan toe iemand hulle vir 'n groot ontwerpkompetisie inskryf. Didi is oortuig hulle African Unicorn-ontwerpe gaan die beoordelaars se voete onder hulle uitslaan. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eMaar intussen is Lienka se lewe besig om erg ingewikkeld te word. Haar sestiende verjaardag is om die draai, maar sy sien nie eens uit daarna nie. Wat is die groot aankondiging wat haar ouers wil maak? Wat het skielik in haar ouer broer, Sarel, gevaar dat hy so vreemd optree? En haar kêrel, Dian, is die grootste hunk in die skool, so hoekom voel sy skielik nie meer dieselfde as vroeër oor hom nie ...?\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie reeks\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e1.\tGlam-divas: Talia\u003cbr\u003e2.\tGlam-divas: Didi \u003cbr\u003e3.\tGlam-divas: Lienka\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Solet+Scheeres\" class=\"contributor-link\"\u003eSolet Scheeres\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Solet Scheeres","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375758459043,"sku":"9780799362138","price":180.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799362138_c72d65eb-222e-4e1a-92a0-8badbc397cc6.jpg?v=1776508917","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799362138","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}