{"product_id":"9780799362527","title":"Galop - Perdestories","description":"\u003cp\u003ePerde, en mense, se harte sit in hulle oë. As jy 'n hartmaat in 'n perd of 'n mens soek, soek eerste na sy siel in sy oë ...\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eKom klim in die saal en maak jou gereed vir 'n wilde, avontuurbelaaide storierit!\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eHierdie versameling van dertien perdestories deur van ons bekendste tienerboekskrywers sal enige jong perdeliefhebber se hart vinniger laat galop! Die samesteller, Fanie Viljoen, het daarin geslaag om 'n handvol verhale bymekaar te maak wat verrassend uiteenlopend is, maar almal een ding gemeen het - 'n liefde en bewondering vir perde. Van Elizabeth Wasserman se verhaal oor 'n perd van 'n ander kleur wat sy opwagting in 'n rykmansbuurt maak, tot Nelia Engelbrecht se perde-spookstorie en Jaco Jacobs se aangrypende verhaal oor hoe 'n perd jou kan leer om weer te vertrou ...\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Fanie+Viljoen\" class=\"contributor-link\"\u003eFanie Viljoen\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Fanie Viljoen","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375732965539,"sku":"9780799362527","price":180.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799362527_69c47c4a-e8a5-49fa-9a46-28c844a5cce0.jpg?v=1776508958","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799362527","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}