{"product_id":"9780799364040","title":"Ver wink die Suiderkruis","description":"\u003cp\u003eBoek 01.\u003cbr\u003eVer wink die Suiderkruis speel af midde-in die wurgende depressie in 1933 - ses jaar voor die Tweede Wêreldoorlog. Kate is ryk John Woodroffe se dogter en Bernard Neethling is 'n mynwerker. Haar pa gee opdrag dat Bernard haar oppas terwyl sy navorsing onder die armblankes doen. Hy leer haar hart vlieg, laat 'n warm vreugde diep in haar oopbreek.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eAlbei weet dat hulle wêrelde onversoenbaar is. Maar Bernard skulp haar toe met sy krag, sy warmte. Hy wil die Suiderkruis vir haar pluk. En dit, weet Kate, sal makliker wees as om hulle liefde te laat blom.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eIrma Joubert skryf régte mense se stories. Sy fokus op verhoudings tussen geliefdes, gesinslede, familie, vriende, vreemdes, die mens in sy verhouding met die gemeenskap, die natuur, die tyd waarin hy leef. Die skrywer slaag daarin om 'n tydvak, wat tot dusver in die Afrikaanse letterkunde hoofsaaklik met wroeging gepaard gegaan het, se sjarme en nostalgie vas te vang vir 'n nuwe generasie lesers.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Irma+Joubert\" class=\"contributor-link\"\u003eIrma Joubert\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Tussen+stasies+trilogie\" class=\"contributor-link\"\u003eTussen stasies trilogie\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Irma Joubert,Tussen stasies trilogie","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375552643235,"sku":"9780799364040","price":351.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799364040_b5d88c21-79be-4129-ba37-08bd71cb2b7e.jpg?v=1776509091","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799364040","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}