{"product_id":"9780799366549","title":"Thomas@skaduwee.net","description":"\u003cp\u003eThomas se hele wêreld ruk tot stilstand toe sy meisie, Alex, hom uit die bloute los. Boonop lyk dit of sy beste pel, Hannes, vooraf van alles geweet het.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eAsof dit nie erg genoeg is nie, maak die skoolhoof, meneer Volschenk, en die twee skoolboelies, Flip en Japie, Thomas se lewe vir hom moeilik.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eToe hy in skooltyd wegglip om van die hele spul weg te kom, hoor hy per ongeluk 'n geheime gesprek - twee mans beraam planne om 'n besending onwettige vuurwapens van die hawe tot in die hartjie van Kaapstad te smokkel. Die smokkelaars beplan om 'n netwerk van geheime tonnels te gebruik wat onder die stad deurloop.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e'n Speurtog op die internet bevestig Thomas se vermoede dat daar wel 300 jaar oue tonnels deur die stad loop. Kort voor lank is Thomas vasgevang in 'n duister onderwêreld van smokkelary - en sy lewe is in gevaar.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Carina+Diedericks-Hugo\" class=\"contributor-link\"\u003eCarina Diedericks-Hugo\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Carina Diedericks-Hugo","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375828418723,"sku":"9780799366549","price":170.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799366549_66dc931f-94b2-452e-8400-ba602d9cafb5.jpg?v=1776509432","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799366549","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}