{"product_id":"9780799367188","title":"Moenie die knoppie druk nie","description":"\u003cp\u003e'nTiaan se bababoetie hou daarvan om knoppies te druk.\u003cbr\u003e'Moenie die knoppie druk nie!' skree Ma en Pa elke keer.\u003cbr\u003eMaar dit is elke keer te laat.\u003cbr\u003eOp 'n dag gaan doen Tiaan en sy gesin inkopies. Sy boetie beland in 'n REUSAGTIGE geel stootskraper en druk 'n knoppie ...\u003cbr\u003eDie stootskraper begin dreun en GROMMM!\u003cbr\u003e'Stop daardie stootskraper!' skree almal.\u003cbr\u003eMaar Tiaan is die enigste een wat 'n plan het. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eLekker lawwe, lawaaierige, holderstebolder kleuterboek oor een van die onweerstaanbaarste dinge op aarde - 'n knoppie wat smeek om gedruk te word!\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eJaco Jacobs is die skrywer van meer as 100 boeke vir tieners, kinders en kleuters. Sy bekroonde prenteboeke soos Liewe land, 'n olifant! en Waarvoor is seerowers bang? is gunstelinge op vele kinders se boekrakke. Meer as 650 000 kopieë van sy boeke is reeds verkoop en hy spog met talle bekronings, waaronder die Alba Bouwerprys, die C.P. Hoogenhoutmedalje en negentien ATKV-Kinderboektoeken-nings.\u003cbr\u003eChris Venter is tans een van die gewildste en talentvolste jong illusteerders in Suid-Afrika. Sy illustrasies pryk in talle Jaco Jacobs-boeke.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Jaco+Jacobs\" class=\"contributor-link\"\u003eJaco Jacobs\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eIllustrator\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Illustrator+Chris+Venter\" class=\"contributor-link\"\u003eChris Venter\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Jaco Jacobs","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375608774819,"sku":"9780799367188","price":140.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799367188_7ed9a4b3-3add-4c7e-9083-b75d4db8cbf1.jpg?v=1776509614","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799367188","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}