{"product_id":"9780799367690","title":"Die 13de Kaart","description":"\u003cp\u003eBelia Bell is 'n Bloemfonteinse forensiese sielkundige wat die polisie moet help om 'n reeksmoordenaar vas te trek. Hy is 'n formidabele teenstander; hoogs intelligent, vreesloos en onvoorspelbaar. Dit word gou duidelik dat die moordenaar vir Belia gekies het om die hoofrol te vertolk in sy makabere speletjie.\u003cbr\u003eHaar taak word verder bemoeilik deur die teenwoordigheid van kaptein Jack Butler, hoof van die taakspan en haar gewese minnaar. Jack is intussen getroud met iemand anders, maar die vonk tussen hom en Belia is onbetwisbaar. Terwyl sy teen die moordenaar kragte meet, stry sy ook teen die begeerte om Jack weer vir haar te vat.\u003cbr\u003eDie moordenaar se slagoffers hoop teen 'n frenetiese pas op, terwyl Belia koorsagtig daaraan werk om 'n profiel op te stel en sy kriptiese leidrade te ontsyfer. Sy word beloon met 'n groter oes van dooies en meer vrae as antwoorde. Watter rol speel die Tarot? Hoe pas die getal 13 by alles in? Waarom het die moordenaar juis vir haar gekies as teenstander?\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Madelein+Rust\" class=\"contributor-link\"\u003eMadelein Rust\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Madelein Rust","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375616278691,"sku":"9780799367690","price":315.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799367690_5de130c8-51fd-4446-9b5d-317c34d872ab.jpg?v=1776509669","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799367690","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}