{"product_id":"9780799368291","title":"Vroue van Atlantis","description":"\u003cp\u003eTwaalf ongelooflike vroue wat 'n verskil maak tussen die bendes, die werkloosheid en die koeëls. Atlantis is steeds die verlore stad, maar hierdie twaalf vroue se verhale inspireer. Hulle het besluit om nie moed op te gee nie. Hulle stories is dié van moed, optimisme en inspirasie. Dit is 'n moetlees vir almal wat glo dat liefde en geloof 'n verskil kán maak. Atlantis aan die Weskus was die breinkind van 'n vorige regering se “desentralisasiebeleid” - maar is tans die toonvenster van ontheemding. Uit hierdie wanhoop, brand dié twaalf vroue se stories soos fakkelligte in 'n lang, donker nag. Hulle is: Francis Brown, Mary-Ann Cedras, Chrissie Cloete, Mandy Jonker, Christine Lewis, Sylvia Losper, Lenie Maya, Carol Muller, Sillene Oppel, Olivia Pharo, Mary Tenggren en Rachael Watson. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie verhale strek van gemeenskapdiens aan gestremde persone, bejaardes en kankerlyers,  rehabilitasie van dwelmafhanklikes, MIV\/Vigs-voorkoming en \u003cbr\u003e-destigmatisering tot inspirerende vroue wat staan in die onderwys, verpleegdiens, uitsaaiwese, asook 'n sangeres, 'n atleet en 'n tuinier.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie opbrengs van dié boek sal deur die Departement Afrikaans en Nederlands, Universiteit Wes-Kaapland (UWK) aangewend word as studentebeurse.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Anastasia+de+Vries\" class=\"contributor-link\"\u003eAnastasia de Vries\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Eldridge+Jason\" class=\"contributor-link\"\u003eEldridge Jason\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Anastasia de Vries,Eldridge Jason","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375839461539,"sku":"9780799368291","price":240.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799368291_30c6e9d2-240d-4bf9-9df7-701fb606d05b.jpg?v=1776509753","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799368291","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}