{"product_id":"9780799370089","title":"Uitpakkos","description":"\u003cp\u003eOns leef vandag vinnig en reis dikwels ure lank tussen blyplek, werkplek, studeerplek en skool. Hierdie haastige tempo skep vir baie mense 'n probleem wanneer dit kom by rustige maaltye en gesonde voeding. Soms word die kitskoswinkel 'n beste vriend en kinders kry sommer 'n geldjie om self iets by die snoepie of supermark te koop. Hierdie eetgoed is dikwels vol kleur- en preserveermiddels, vet, suiker en sout.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eUitpakkos is geskryf om jou verbeelding te stimuleer met idees vir die maak van aantreklike, smaaklike en voedsame kospakkies vir ontbyt, skool en werk, vinnige aandetes, vir piekniek en selfs vir rugsakreisigers en vragmotorbestuurders. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003e'n Gesonde ingepakte ete help om die daaglikse kilojoule-, vet- en koolhidraatinname beter te beheer en dra by tot die liggaam se daaglikse voedingsbehoeftes. Dit bevorder ook volgehoue energie en is voordelig vir beter konsentrasie en beter produktiwiteit gedurende die dag, wat op sy beurt help met beter skool- en sportprestasies.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eSwak eetgewoontes kan jou uiteindelik siek - of sieklik - maak. Oorweeg gerus gesonder voedselkeuses ter wille van die instandhouding van jou liggaam en goeie gesondheid!\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eUitpakkos sal hopelik 'n uitkoms vir menige huishoudings bring. In baie gevalle beteken 'n besige lewe dat 'n mens net nog beter moet beplan en organiseer.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Hilda+Lategan\" class=\"contributor-link\"\u003eHilda Lategan\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Hilda Lategan","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375552020643,"sku":"9780799370089","price":380.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799370089_e52550e8-001f-47a2-863c-f3e08f69f7be.jpg?v=1776510091","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799370089","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}