{"product_id":"9780799371567","title":"KominPas met Afrikaans HT Graad 4 tot 7 2de UItgawe","description":"\u003cp\u003e'Die handleiding is vir Afrikaans Huistaal-leerders van graad 4 tot 7 opgestel. Die boek word dus eenmalig aangekoop en word in graad 4, 5, 6 en 7 gebruik.\u003cbr\u003eDie handleiding som die teorie van taalleer, sowel as literêre begrippe vir die laerskoolleerder op. Wenke in die benadering van leesvaardigheid word ook gegee.\u003cbr\u003e- Afdeling A bevat 'n opsomming van die verskillende afdelings van taalleer. Elke aspek van die taalleer vorm 'n eenheid.\u003cbr\u003e- Afdeling B bestaan uit wenke wat tydens die beantwoording van begripstoetse en visuele geletterdheidsoefeninge toegepas kan word.\u003cbr\u003e- Afdeling C is 'n opsomming van die letterkundige en poëtiese aspekte, wat as naslaanbron gebruik kan word.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eOnderwysers hoef nie meer kosbare tyd aan die opstel van notas te spandeer nie. Verder word tyd ook gespaar, omdat leerders nie meer notas hoef uit te knip en in te plak nie. Geld word ook gespaar aangesien afrolwerk nie meer nodig is nie. Elke onderwyser kan sy eie kreatiwiteit in die opstel van werkkaarte gebruik. Werkkaarte bly dus altyd relevant en die vernuwing van werkkaarte is dus geen probleem nie. Die handleiding beskik oor verskeie praktiese voorbeelde, en leerwerk vir byvoorbeeld spelling kan uit die handleiding gegee word.\u003cbr\u003eDie handleiding is kleurvol en gebruikersvriendelik. Daar is oulike wenke wat leerders help om sekere reëls maklik te onthou en daar is nota-blokkies waar leerders addisionele notas kan maak. Die handleiding is ook ŉ gemaklike grootte en lig genoeg om daagliks skool toe te bring.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eVoordele vir Ouers\u003cbr\u003eKoste-effektief: Een boek word van graad 4 tot 7 gebruik.\u003cbr\u003eDaar is stapsgewyse verduidelikings wat die ouer help om sy kind te help.\u003cbr\u003eDie uitleg maak leer maklik. Die aspekte van die taalleer volg op mekaar.\u003cbr\u003eDaar is duidelike progressie van graad 4 tot 7.\u003cbr\u003eGekleurde kolomme maak leerwerk makliker en aantrekliker.\u003cbr\u003eIllustrasies is gepas en elke wenk- of onthou-blokkie word met ŉ spesifieke illustrasie beklemtoon.\u003cbr\u003eDaar is voldoende plek waar leerders hul eie notas kan maak.\u003cbr\u003eLig genoeg om gemaklik elke dag skool toe te neem.\u003cbr\u003eGoeie kwaliteit bindwerk.'\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+KOMinPAS\" class=\"contributor-link\"\u003eKOMinPAS\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"KOMinPAS","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47584969425059,"sku":"9780799371567","price":360.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799371567_66ecf397-55d3-4fc0-8051-c1d700bd9634.jpg?v=1776510313","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799371567","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}