{"product_id":"9780799372885","title":"Afkop","description":"\u003cp\u003e'n Wilde partytjie.\u003cbr\u003e'n Gesteelde kar.\u003cbr\u003e'n Jaagtog wat in chaos eindig.\u003cbr\u003e'n Sak vol geld.\u003cbr\u003eTrent se ouers is die naweek weg en los hom alleen by die huis. Ná 'n rowwe partytjienag saam met sy vriende wat met 'n wilde jaagtog en 'n motorongeluk eindig, word Trent met 'n moeilike besluit gekonfronteer: Wat moet hy doen met die geld wat hy op die ongelukstoneel gekry het?\u003cbr\u003eEn kan hy regtig sy vriende vertrou?\u003cbr\u003eIn hierdie aweregse, doller-as-kop-af spanningsverhaal loop dinge in regte Tarantino-styl skeef en die leser moet behoorlik aan sy sitplek vasklou om by te bly met al die naelbyt-aksie. Hierdie uitdagende, vermaaklike jeugverhaal is Fanie Viljoen op sy heel beste!\u003cbr\u003eAfkop is in 2015 aangewys as naaswenner in LAPA se jeugromankompetisie. Fanie Viljoen, een van die opwindendste stemme in die Afrikaanse jeugliteratuur, was in 2010 ook 'n naaswenner in hierdie kompetisie met sy jeugroman Betower.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Fanie+Viljoen\" class=\"contributor-link\"\u003eFanie Viljoen\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Fanie Viljoen","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47584970014883,"sku":"9780799372885","price":240.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799372885_c724563e-b599-4708-af3c-bbd32a82a776.jpg?v=1776510521","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799372885","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}