{"product_id":"9780799372922","title":"Sanri Steyn 4 : Die spookmeisie van Raaiselfontein","description":"\u003cp\u003eSanri Steyn droom daarvan om eendag 'n wêreldbekende joernalis te word. Sy het nie verniet haar eie koerant, die Raaiselfontein Gazette, begin nie. Sy en haar vriend, Markus, beleef allerlei vreemde avonture op Raaiselfontein.\u003cbr\u003eSanri is gewoond daaraan dat vreemde dinge op Raaiselfontein gebeur.\u003cbr\u003eToe brille links en regs begin wegraak, kry sy dadelik snuf in die neus. Dan maak Sanri en Markus kennis met 'n spookmeisie - en sy het hulle hulp nodig.\u003cbr\u003eDie aweregse humor, lekker grillerige temas en fantastiese illustrasies sal seuns en meisies vasgenael hou!\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eSanri Steyn 1: Doktor Zombos se geheime formule\u003cbr\u003eSanri Steyn 2: Die aliens oorkant die straat\u003cbr\u003eSanri Steyn 3: Die seun met die superkat-kragte\u003cbr\u003eSanri Steyn 4: Die spookmeisie van Raaiselfontein.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eTheresa van Baalen woon op Port Nolloth saam met haar man, Cobus, en twee seuns, Jannes en Mikhael. Haar eerste twee prenteboek-publikasies, Aspris-krokkedis en Karla Krullebol, is albei met ATKV-Kinderboektoekennings bekroon. Aspris-krokkedis het ook in 2012 die Tienie Hollowaymedalje vir Kleuterliteratuur ontvang.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Theresa+van+Baalen\" class=\"contributor-link\"\u003eTheresa van Baalen\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eIllustrator\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Illustrator+Johann+Strauss\" class=\"contributor-link\"\u003eJohann Strauss\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Theresa van Baalen","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375688695971,"sku":"9780799372922","price":135.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799372922_c0559cb6-ec20-4848-bb9a-ab67436880e9.jpg?v=1776510548","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799372922","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}