{"product_id":"9780799374957","title":"Sjef Snoekie Laat die potte sing!","description":"\u003cp\u003eMarlise Scheepers, oftewel Sjef Snoekie, is soos Neopolitan-roomys destyds almal se gunsteling was  -  sy sing, blog en kook. En vir die kersie op die koek behartig sy ook die kosstilering vir die kosfotografie van Farmers Weekly. Haar aweregse sin vir humor en slag met kos word in Laat die Potte Sing gekombineer om nie net heerlike resepte te skep nie, maar ook die lewe te blaas in raakvat-stories en beskrywings.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie sangeres-liedjieskrywer Marlise Scheepers is een van Afrikaans se veelsydigste musiekmakers. Nie net is dié gesoute joernalis en voormalige nuusredakteur 'n bedrewe woordsmid nie. Scheepers het onlangs na Suid-Afrika teruggekeer nadat sy by die grootste hotel in die suide van Amerika haar internskap as sjef onder die Marriott Marquis-hotel in Atlanta, Georgia, se uitvoerende sjef, Alexander Busch, voltooi het. \u003cbr\u003e'Ek is nou gereed om die goed te doen wat vir my hart goed en lekker is: kook en sing. Of: sing en kook.'\u003cbr\u003eSy kombineer nou haar musiekoptredes met die kookkuns. 'Huiskonserte is weer die in-ding. Ek kook vir groepe van tussen 8 en 15 mense en sit 'n driegang-ete voor. En as almal na die tyd 'n soetwyntjie drink, sing ek vir hulle 'n paar liedjies.'\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Marlise+Scheepers\" class=\"contributor-link\"\u003eMarlise Scheepers\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Marlise Scheepers","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47584975421603,"sku":"9780799374957","price":300.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799374957_d8cb0dbc-1e1c-4a52-ae8e-ab6251725378.jpg?v=1776511141","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799374957","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}