{"product_id":"9780799375169","title":"Prooi","description":"\u003cp\u003eFanie Viljoen het in 2014 twee opspraakwekkende tekste gelewer: Pleisters vir die dooies (oor 'n skoolskieter) en toe Uit (oor 'n gay seun se soeke na aanvaarding).\u003cbr\u003eNou is hy terug met 'n groot knal -- 'n sielkindige riller. Prooi, sy eerste volwasse roman, beloof om die lesers én die kritici weer te laat regop sit. Prooi gaan die leser stadig maar seker in sy verleidelike kloue kry ... en voor jy weet, is dit te laat om te ontsnap.\u003cbr\u003e Drie lewens raak onomkeerbaar inmekaar verstrengel:\u003cbr\u003e- Cody Young, die player, wat met losbandige seks desperaat op soek is na homself;\u003cbr\u003e- Owen Jooste, die hokvegter, met die drome, woede en jaloesie;\u003cbr\u003e- en tussen hulle staan Lauren Cooper, die beeldskone verleidster, wat op 'n pad van selfvernietiging beland.\u003cbr\u003eWie is uiteindelik die jagter, en wie die prooi? En wat gaan aan by die sinistere nagklub - Black Valentine?\u003cbr\u003eSluip daar moontlik nóg 'n jagter rond?\u003cbr\u003eFanie Viljoen is een van Suid-Afrika se heel beste verkopers. In die afgelope twee jaar het sy naam meer as vyftig keer op Nielsen se topverkoperlyste verskyn.\u003cbr\u003eFanie is 'n Bloemfonteinse skrywer van meer as dertig kinder- en jeugverhale, waarvan talle met literêre pryse bekroon is.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Fanie+Viljoen\" class=\"contributor-link\"\u003eFanie Viljoen\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Fanie Viljoen","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375427567779,"sku":"9780799375169","price":310.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799375169_c9d08e4d-9ada-496b-b1ec-c6fde7e71b07.jpg?v=1776511213","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799375169","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}