{"product_id":"9780799375565","title":"Bravo, Lulu!","description":"\u003cp\u003eLulu droom daarvan om 'n modeontwerper te word, nes haar ma en pa. Niks is vir haar lekkerder as om ontwerpe in haar rooi tekenboek te maak nie. Sy is baie opgewonde toe hulle balletjuffrou aankondig hulle gaan 'n spesiale konsert vir die jaarafsluiting hou. Lulu gaan nie net die rol van die meerminprinses dans nie - sy gaan ook die kans kry om 'n paar van die wonderlike uitrustings self te ontwerp!\u003cbr\u003eMaar die tweeling, Alex en Alet, hou niks van ballet nie. Hulle terg gedurig vir Lulu en Carmen oor die balletklasse. Toe Alex boonop per ongeluk 'n rol in die balletkonsert losslaan, is die gort gaar. \u003cbr\u003eSal hy die spesiale seerowerprins-uitrusting dra wat Lulu vir hom ontwerp het?\u003cbr\u003eOf gaan die balletkonsert 'n groot flop wees ...?\u003cbr\u003e'n Lekker-lees boek vir jong lesers wat op soek is na humor en 'n lekker spannende storie - met Elsbeth Eksteen se fantastiese volkleurillustrasies wat bydra tot die pret!\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Fanie+Viljoen\" class=\"contributor-link\"\u003eFanie Viljoen\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Lulu+Reeks\" class=\"contributor-link\"\u003eLulu Reeks\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eIllustrator\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Illustrator+Elsbeth+Eksteen\" class=\"contributor-link\"\u003eElsbeth Eksteen\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Fanie Viljoen,Lulu Reeks","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375463743651,"sku":"9780799375565","price":150.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799375565_2adfc0c3-a9ab-4964-8ea2-731a809e5c9b.jpg?v=1776511343","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799375565","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}