{"product_id":"9780799375657","title":"Vandat jy weg is","description":"\u003cp\u003eDis die tweede boek in die tweeluik wat begin met Gelyke kans. Jessica en Anton de Lange besef dat die huwelik wat hulle die afgelope paar maande aan mekaar probeer plak het, nie redbaar is nie. Die noodlot gryp in, en ruk Anton finaal weg. Jessica bly agter, van voor af verpletter. Sy moet staande bly ter wille van haar drie kinders, en haar florerende besigheid wat soveel ander mense se lewe raak.\u003cbr\u003eToe sy besef haar jeugliefde, Joe Verster het moed opgegee om haar liefde te probeer wen, is dit vir haar 'n dubbele verlies. Joe het 'n kontrak geteken om vir 'n jaar by 'n kliniek in Kenia te werk. Hy gaan terugkom, verseker hy haar. Dit sal haar tyd gee om haar verlies te verwerk, om haar lewe in oënskou te neem.\u003cbr\u003eSal Jessica en Joe se liefde die toets van tyd deurstaan? Is dit ooit ware liefde, of bloot versotheid? En sal hulle ooit ontslae wees van die spook van Anton de Lange?\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Santie+van+der+Merwe\" class=\"contributor-link\"\u003eSantie van der Merwe\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Santie van der Merwe","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375567716515,"sku":"9780799375657","price":285.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799375657_ebe7a61d-55da-4a64-898b-96e69b610b1e.jpg?v=1776511356","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799375657","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}