{"product_id":"9780799377118","title":"Offerlam","description":"\u003cp\u003eDie Kongo, 1961: 'n Man word koelbloedig vermoor en sy geliefde word vir dood agtergelaat.\u003cbr\u003e \u003cbr\u003eDrie en vyftig jaar later kry Caz Colijn 'n oproep wat haar kluisenaarsbestaan uitmekaar ruk.\u003cbr\u003e \u003cbr\u003eIn België waar sy haar en haar dogter se herkoms probeer naspoor, word dit duidelik dat dié land se koloniale verlede net so 'n groot impak op haar lewe gehad het soos die apartheidsjare in Suid-Afrika.\u003cbr\u003e \u003cbr\u003eDie oproep wat professor Luc DeReu ontvang, is minder traumaties. Ook hy word egter uit sy wentelbaan geruk toe die vrou wat hy kwalik neem oor sy pa se voortydige dood, weer sy jandooilewe betree.\u003cbr\u003e \u003cbr\u003eIntussen moet Erevu en sy kleinseun die nkísi wat hulle meer as vyf dekades gelede ontneem is, opspoor om hulle heilige taak uit te voer.\u003cbr\u003e \u003cbr\u003eWanneer hierdie groepie mense se paaie kruis, stuur dit nogmaals op moord af.\u003cbr\u003e \u003cbr\u003e'Spanning, romantiek en die geheimenis van onsienlike dinge is Chanette Paul se forte. In Offerlam voer sy dit verder na magsug, hebsug en heerssug wat tot in die derde geslag oorgedra word.' - Jeanette Ferreira\u003cbr\u003e \u003cbr\u003eOfferlam is die eerste boek in 'n tweeluik en word opgevolg deur Offerande.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Chanette+Paul\" class=\"contributor-link\"\u003eChanette Paul\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Chanette Paul","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47584986202275,"sku":"9780799377118","price":350.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799377118_b325e499-3352-4a24-9c16-f300b1f7773e.jpg?v=1776511558","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799377118","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}