{"product_id":"9780799377590","title":"Lemoenseisoen","description":"\u003cp\u003eSuzy is nie 'n mens-mens nie. Ook nie 'n oggendmens nie. Of 'n middag- óf aandmens nie. En natuurlik is sy nie 'n mevrou-dominee se watsenaam nie. Sy kry skaars die klein koekies en die groot koeke-krisis opgelos. Dit is Frederick wat sedig, vroom en vroed 'n stewige paar vlerke onder sy spierwitte kerkhemp gevou hou.\u003cbr\u003eAl wat Suzy van die lewe wil hê, is 'n nuwe selfoon, dat haar dogter nie met 'n geskeide man moet uitgaan nie en 'n lyf langs hare wanneer sy in die oggende wakker word. Is dit nou regtig te veel gevra?\u003cbr\u003eDit is by Jay-Jay wat sy gaan derms uitryg, want hy verstaan haar. Dit is ook hy wat haar in die versoeking lei. Want toe sy eers vir Dante del Marco leer ken, is tweedehands nie meer goed genoeg nie. Aarde tog! Net die noem van sy naam is al genoeg om klokke in haar kop aan die lui te kry. G'n wonder Suzy storm in waar versigtige engele maar eerder verby sou hou nie.\u003cbr\u003eSaam met Dante del Marco lok daar 'n ander, beter wêreld en die moontlikheid om Londen toe te gaan. Daar waar sy 'n stuk van haar hart verloor het waarna sy 'n leeftyd lank al soek. Maar dis 'n geheim wat sy met niemand kan deel nie ...\u003cbr\u003eSuzy moet leer dat die lewe soos 'n lemoen is. Dat jy die lastige pitte tussen jou tande moet uitspoeg voordat jy jou versadig kan drink aan die stroopsoete sappigheid daarvan.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Kristel+Loots\" class=\"contributor-link\"\u003eKristel Loots\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Kristel Loots","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375713468579,"sku":"9780799377590","price":315.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799377590_e0eb189b-31f1-485a-a0df-250279e0c379.jpg?v=1776511668","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799377590","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}