{"product_id":"9780799378986","title":"Hoezit 8: Die Wonderwêreld van Roofdiere","description":"\u003cp\u003eHoeveel tande het 'n witdoodshaai?\u003cbr\u003eWie spog met die kragtigste kake in die diereryk?\u003cbr\u003eWatter valk kan so vinnig soos 'n Formule 1-renmotor op sy prooi afpyl?\u003cbr\u003eWatter vreesaanjaende roofdiere het in die oertyd geleef?\u003cbr\u003eHierdie boek is propvol prettige feite en aktiwiteite wat jou sal help om die wonderlike wêreld van roofdiere te verken! Met 48 bladsye propvol prettige feite, volkleurfoto's en hope aktiwiteite, speletjies en kopkrappers waarmee jy die wonderwêreld van roofdiere kan verken, is hierdie boek gewaarborg om jong feitevrate se tone te laat omkrul van lekkerkry! Ontmoet 'n paar vreeslose jagters in die insekwêreld, kyk hoe 'n verkleurmannetjie sy prooi bekruip, en vind uit hoe dinge in 'n leeutrop werk.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Jaco+Jacobs\" class=\"contributor-link\"\u003eJaco Jacobs\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Fanie+Viljoen\" class=\"contributor-link\"\u003eFanie Viljoen\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Jaco Jacobs,Fanie Viljoen","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47584990003363,"sku":"9780799378986","price":95.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799378986_5a2d7907-6293-4389-844e-d9f31b0dacf4.jpg?v=1776511836","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799378986","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}