{"product_id":"9780799379143","title":"Die leeutemmer se assistent","description":"\u003cp\u003eNiks opwindends gebeur ooit op Kraaipan nie. Veral nie met Martjie wat in 'n eenvoudige huisie op die plaas Rietfontein net buite die dorp bly nie.\u003cbr\u003eMaar toe Bertus Botha vir Martjie uitdaag om op die Mafikeng-trein te klim en te loer wat in een van die kratte is, is dit die begin van 'n reuse-avontuur. Martjie beland pens en pootjies saam met 'n sirkusleeu op een van die trokke.\u003cbr\u003eSy leer ken die eksentrieke sirkusbase, Mister en Madame Pagel, en die ander artieste van Pagel se beroemde sirkus. Mister Pagel is die sterkste man in die wêreld en druk tydens die vertonings sy kop in 'n leeu se bek. Madame Pagel ry bank toe met 'n leeu langs haar in die motor.\u003cbr\u003eEn Martjie-die-bywoner-se-dogter se lewe sal nooit weer dieselfde wees nie.\u003cbr\u003eHierdie opwindende verhaal is losweg geskoei op die geskiedenis van die Pagel-sirkus, wat in die vorige eeu alombekend was in Suid-Afrika, en roep 'n vervloë era in die land se geskiedenis in herinnering. 'n Verhaal propvol aksie, avontuur ... en die tydlose bekoring van die sirkuslewe.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Solette+Scheeres\" class=\"contributor-link\"\u003eSolette Scheeres\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eIllustrator\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Illustrator+Marjorie+van+Heerden\" class=\"contributor-link\"\u003eMarjorie van Heerden\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Solette Scheeres","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47584990527651,"sku":"9780799379143","price":190.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799379143_c6178e10-c81d-4425-b06e-43dfe929c066.jpg?v=1776511898","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799379143","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}