{"product_id":"9780799379167","title":"ELLE 8 : Pienk Bikini","description":"\u003cp\u003eMatriek.\u003cbr\u003e Die woord gee Elle 'n knop in haar keel. Nog net twee weke van eksamen, en dan is hulle amptelik matrieks.\u003cbr\u003e As hoofmeisie gaan daar 'n groot verantwoordelikheid op Elle se skouers rus. Sy en die ander leiers gaan die gees van Gravitas bepaal. En sy weet die skoolhoof, mevrou Bender, gaan haar met 'n valkoog dophou.\u003cbr\u003e Elle is nie eens seker of sy dit verdien om hoofmeisie te wees nie. Dalk moes die keuse eerder op Shia geval het  -  sy is immers sterk, slim en super-sportief. Boonop is Shia se ma oortuig dat haar dogter die hoofmeisiebaadjie moet te dra. En as Elle dit waag om 'n voet verkeerd te sit, sal Shia dadelik haar plek inneem.\u003cbr\u003e Maar daar is nie regtig tyd om oor Shia te wonder nie, want Elle het 'n hele klomp ander kopsere: \u003cbr\u003e1. Die eksamen, wat soos 'n berg voor haar lê.\u003cbr\u003e2. Haar spesiale projek vir volgende jaar. Wat gaan sy doen om haar merk te maak? Hoe gaan Gravitas haar onthou?\u003cbr\u003e3. Die dertig kinders van die kinderhuis, Kaya Kumba, wat sy in 'n slagorkes moet probeer omtower.\u003cbr\u003e4. En Alex, haar kêrel, wat skielik niks van hom laat hoor nie. Geen boodskap, geen oproep, niks.\u003cbr\u003eKort voor lank het Elle egter groter probleme toe 'n verspotte modderstoeigeveg by die kinderhuis (en parmantige pienk onderklere) onverwags groot nuus word.\u003cbr\u003eEn skielik lyk dit asof net 'n wonderwerk sal verhoed dat Elle haar hoofmeisiebaadjie verloor ...\u003cbr\u003eChristien Neser se reeks tienerboeke oor die wel en wee van Elle Kroon is baie gewild, met selfs volwasse lesers wat nie kan wag om elke nuwe Elle-avontuur te verslind nie. Die agtste boek in die reeks beloof om net so skreeusnaaks, aweregs en romanties soos sy voorgangers te wees.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Christien+Neser\" class=\"contributor-link\"\u003eChristien Neser\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Christien Neser","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47584990757027,"sku":"9780799379167","price":200.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799379167_423728c5-8fec-4293-b432-6e1f438ef94f.jpg?v=1776511913","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799379167","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}