{"product_id":"9780799379198","title":"Hoezit 10: Die wonderwêreld van Die Groot Vyf","description":"\u003cp\u003eHoeveel kos kan 'n olifant in een dag verorber?\u003cbr\u003eHoe jag leeus hul prooi?\u003cbr\u003eWaar kry die witrenoster sy naam vandaan?\u003cbr\u003eHoe lyk die luiperd se familie van regoor die wêreld?\u003cbr\u003eHoe lank kan 'n buffel se horings word?\u003cbr\u003eHierdie boek is propvol prettige feite en aktiwiteite wat jou sal help om die wonderlike wêreld van die Groot Vyf te verken! Met 48 bladsye propvol prettige feite, volkleurfoto's en hope aktiwiteite, speletjies en kopkrappers, is hierdie boek gewaarborg om jong feitevrate se tone te laat omkrul van lekkerkry! Maak van naderby kennis met die indrukwekkendste diere in Afrika  -  en ontmoet die Klein Vyf, wat net so indrukwekkend en interessant is!\u003cbr\u003eHoezit! was voorheen 'n bekende naam op tydskrifrakke. Die tydskrifformaat van Hoezit! het plek gemaak vir 'n opwindende boekformaat met interessante temas en aktiwiteite wat perfek is vir skooltake of sal sorg vir ure se vermaak by die huis. Besoek ook gerus Hoezit! se interaktiewe webtuiste.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Jaco+Jacobs\" class=\"contributor-link\"\u003eJaco Jacobs\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Fanie+Viljoen\" class=\"contributor-link\"\u003eFanie Viljoen\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Jaco Jacobs,Fanie Viljoen","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47584990822563,"sku":"9780799379198","price":95.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799379198_c67456e2-3f95-4df6-ba2c-11077f3f266d.jpg?v=1776511927","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799379198","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}