{"product_id":"9780799379822","title":"Koljander, Koljander so deur die Bosch","description":"\u003cp\u003eDie diepste nostalgie is gekoppel aan die emosionele sekuriteit van 'n kombuis, waar jou ma of 'n geliefde familielid spesiaal vir jou kosmaak. Waar dit met die intrapslag ruik na lewe, liefde en tuiskoms.\u003cbr\u003eDis hierdie gevoelens wat Annatjie Melck vasvang in haar boek Koljander, koljander, so deur die Bosch - dit is haar nagedagtenis vir haar kinders. 'Ek dink my kinders se sterkste verbintenis met my sal deur middel van kos of die etenstafel wees. Ek dink van die meeste lewenslesse of grootword-gesprekke het om die tafel gebeur onder die beskerming van 'n spesiale kossie wat vir 'n spesifieke rede gekook is.'\u003cbr\u003eVir Annatjie gaan kosmaak nie oor pretensie nie, maar wel oor liefde en beskerming. Sy is lief daarvoor om haar kos in mooi en interessante houers te bedien, maar verkies dat die kos natuurlik lyk sodat die kwaliteit en smaak behoue bly.\u003cbr\u003eDie stories en resepte wat in die boek opgeskryf is nooi jou saam op Annatjie se lewensreis - wat begin op die oop vlaktes van die Groot Karoo en eindelik tot ruste kom onder die groot eike van die Muratie-wynlandgoed net buite Stellenbosch.\u003cbr\u003eDie gevolg is 'n interessante nalatenskap word nie net geskets deur humoristiese en hartroerende vertellings nie, maar ook deur deurwinterde staatmakerresepte en wenke.\u003cbr\u003eAnnatjie Melck is baie dinge: die eienaar van Oom Samie se Winkel op Stellenbosch; doyenne van die historiese wynplaas Muratie, gasvrou, kok en storieverteller; ma van vier en ouma van sewe. En dan was sy ook al 'n wetenskaponderwyser , skoonheidsdeskundige en president van die Fynproewersgilde op Stellenbosch.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Annatjie+Melck\" class=\"contributor-link\"\u003eAnnatjie Melck\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Annatjie Melck","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47584994984099,"sku":"9780799379822","price":400.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799379822_c50abd00-7098-43a7-855a-23ea1d0c8ef0.jpg?v=1776512161","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799379822","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}